Google Afrika wys waarna Suid-Afrikaners soek

Google Afrika se Soekjaar-uitslae wat vandag vrygestel is, toon waaraan Suid-Afrikaners hierdie jaar die meeste gedink het. In die tweede jaar van die wêreldwye Covid-19-pandemie, was Suid-Afrikaners se voorste soektog-onderwerpe “Sassa status check”, gevolg deur “Euro 2020”, “Premier League” en “Shona Ferguson”. Bo-aan die lys van die gewildste wêreld-persoonlikhede-soektogte is Christian Eriksen, Alec Baldwin, Gabby Petito, The Weeknd en Pete Davidson. Die gewildste sport-soektogte het die kollig laat val op Euro 2020, die Premierliga, PSL, Pakistan teen Suid-Afrika en die T20-Wêreldbekertoernooi.