Leefstyl-oudits vir SA staatsamptenare

Suid-Afrikaanse staatsamptenare sal vanaf Februarie volgende jaar leefstyl-oudits moet ondergaan. Die oudits is daarop gemik om te verseker dat staatsamptenare, insluitend ministers, premiers en LUR’e, volgens hul gerapporteerde inkomste leef. Volgens die Staatsdienskommissie is oudits ‘n kritieke bestuursinstrument om personeellede te identifiseer wat op grond van ‘n uitspattige lewenstyl, moontlik aan onwettige aktiwiteite kan deelneem. Die oudits sal help om die land se reeds bestaande finansiële bekendmakingsraamwerk te versterk, wat op die bepaling van botsende belange gerig is.