Vraag na grafte plaas druk op Stad Windhoek

Berigte lui dat Stad Windhoek nie kan bybly met al die aansoeke wat hy ontvang vir grafte nie. Die gesondheidsministerie het maatreëls in verband met begrafnisse vir Covid-slagoffers verslap van sewe na tien dae, maar geliefdes sê daar is steeds vertragings. Windhoek het daagliks die hoogste getal sterftes en tot dusver is meer as 1 800 mense dood weens Covid. Volgens berigte kos ‘n graf net meer as 2 900 dollar in die hoofstad en families reël reeds begrafnisse terwyl hulle op ‘n grafnommer wag. Die Stad sê daar is vier kontrakteurs wat aangestel is om grafte te grawe maar, by verskeie begraafplase is terrein ‘n uitdaging wat die proses vertraag. Die krematorium is volgens die Stad ook weer Donderdag in gebruik geneem.