Vraag na goud bereik hoogste vlak sedert 2011

Die vraag na goud het sy hoogste vlak sedert 2011 bereik. Data van die bedryf toon die vraag is versterk deur verhoogde aankope deur sentrale banke en ander beleggers, wat beskerming teen versnelde inflasie wou hê. Volgens die Wêreld Goudraad het die vraag in 2022 bykans met een vyfde toegeneem tot 4 740,7 ton. Aankope van sentrale banke het meer as verdubbel om 1 136 ton te bereik, di18:00e hoogste in meer as vyf dekades. Die analis van die Wêreld Goudraad, Louise Street waarsku dat die vraag na goud gemengde vooruitsigte vir 2023 het, maar wel met opwaartse potensiaal.