Registrasie-databasis vir Namibiese toergidse bekendgestel

Die Namibiese Reis- en Toerismeforum het die Nasionale Toergids-registrasie-databasis vir die Namibiese toerismebedryf bekendgestel. Hierdie registrasie-databasis met die ondersteuning van die Namibiese toerisme-ministerie en Opkomende Toerisme-ondernemings Vereniging, sal ‘n nuwe vlak van organisasie en geleenthede vir die toerismesektor bring. Die nasionale toergids-registrasie-databasis sal verskeie voordele bied, soos voordele vir toergidse, kwaliteit en veiligheid vir toeriste, standaardisering van die bedryf en ondersteuning vir opkomende toerisme-ondernemings. Nathaly Ahrens van die Namibiese Toer- en Safari-vereniging het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.