Vra hulp voor baba weggegooi word – Saara

Die Namibiese eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het haar reaksie gegee op die eerste geval van babastorting wat in die nuwe jaar in Windhoek aangemeld is. Die 22-jarige verdagte is in hegtenis geneem en tans onder polisiebewaking in ‘n Windhoekse hospitaal. Daar is talle veldtogte teen babastorting, maar dit lyk of al hierdie pogings tevergeefs is. Kuugongelwa-Amadhila het tydens ‘n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus ‘n beroep op swanger vroue gedoen om hulp te soek. Sy het ook ‘n beroep op gemeenskapslede gedoen om hul deel te doen om hierdie swanger vroue by te staan voordat dit te laat is.

https://iframe.iono.fm/e/1266191