Akteur Jeremy Renner ondergaan twee operasies ná sneeuploeg-ongeluk

Die akteur Jeremy Renner, bekend vir sy rol as Clint Barton, of Hawkeye, in verskeie Marvel-lokprente, is in ’n kritieke maar bestendige toestand ná ’n sneeuploeg-ongeluk. Hy het intussen twee operasies in ‘n hospitaal in Nevada ondergaan. Sy woordvoerder sê Renner se gesin is by hom en hy ontvang uitstekende sorg. Renner is vir twee Oscars benoem vir sy rolle in The Hurt Locker en The Town. Hy het ook in ‘n onlangse minireeks verskyn.