Quinton-Steele Botes Atletiek-oefenkamp volgende week in Windhoek

Die 30ste Marathon Sugar Quinton-Steele Botes Atletiek-oefenkamp is om die draai. Die jaarlikse byeenkoms wat geleenthede bied aan jong aspirant-atlete om hul loopbane in atletiek te volg, sal vanaf 9 tot 12 Januarie in Windhoek plaasvind. Organiseerder Leonie van Rensburg sê aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is nog plek vir belangstellende atlete om tot 9 Januarie vir die oefenkamp te registreer.