Vos: Kaapstad is stad van hoop

Die Stad Kaapstad sê die ambisie wat hom motiveer, is om te wys dis moontlik om ‘n bekwame regering in Suid-Afrika te hê en dat Kaapstad as ‘n stad van hoop gesien sal word. Die stad het hierdie woorde tot aksie gebring met die instelling van die Insluitende Ekonomiese Groeistrategie. Die stad se burgemeesters-komiteelid vir ekonomiese groei, James Vos, sê dis om voort te bou op die suksesse van die stad se ekonomiese groeibeleid aangaande beleggings, die ontwikkeling van kleinsakeondernemings en inisiatiewe om die arbeidsmag uit te brei.