Rugby: Engelse kaptein is beskikbaar vir Sesnasies

Rugby: Die Engelse kaptein, Owen Farrell sal beskikbaar wees vir sy land se eerste wedstryd in die Sesnasies-kompetisie nadat hy vir vier wedstryde geskors is weens gevaarlike spel in Saracens se wedstryd Vrydag teen Gloucester. Die skorsing is na drie weke verminder. Farrell het die flank van Gloucester, Jack Clement, se kop getref, maar is nie gestraf nie. Hy het later die oorwinning vir Saracens beklink met ʼn skepdoel. Engeland begin sy veldtog in die Ses-nasies onder leiding van sy nuwe afrigter, Steve Bothwick, op 4 Februarie op Twickenham teen Skotland.