Vooruitsigte vir Namibiese landbou-sektor donker weens bek-en-klouseer in SA

Terwyl Julie se data vir die Namibiese landbousektor ‘n redelike goeie begin vir die derde kwartaal van 2022 toon, is die vooruitsigte donker met die onlangse uitbreking van bek-en-klouseer wat gelei het tot ‘n verbod op die beweging van beeste in Suid-Afrika. Volgens Simonis Storm in die hoofstad, verwag die Vleisraad dat die 21-dae bewegingsverbod sal lei tot laer bemarkings-aktiwiteit gedurende Augustus. Dit sal hoogs waarskynlik ook ‘n impak op September hê, wat sal lei tot swakker prestasie in die derde kwartaal van 2022.