Stad Kaapstad se verkeersdienste gereed vir staking

Die Stad Kaapstad se verkeersdienste sê hy is voorbereid vir die staking wat vir môre in die Moederstad geskeduleer is. Die landwye staking, gelei deur Saftu en Cosatu, sal meebring dat sommige verkeerskruisings tydelik môreoggend in die middestad gesluit sal wees, wat tot verkeersontwrigtings kan lei. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in die Moederstad, Fritz Platt, het meer inligting.