FBI arresteer lugmaglid oor uitgelekte Pentagon-dokumente

Die FBI het ‘n 21-jarige lid van die Amerikaanse lugmag se nasionale wag in hegtenis geneem in verband met geklassifiseerde Pentagon-dokumente wat uitgelek het. Jack Teixeira is vermoedelik die leier van ‘n aanlyn speletjie-geselsgroep waar die dokumente geplaas is. Dit sluit gedetailleerde intelligensie-beoordelings van vriend en vyand in, asook die stand van die oorlog in Oekraïne. Amptenare sê hy sal volgens die Spioenasiewet aangekla word, wat dit ‘n misdaad maak om geklassifiseerde verdedigingsinligting oor te dra.