Voormalige Telecom-werker vas met koperkabels

Die Namibiese polisie het bevestig ‘n 45-jarige man is met 701 kilogram sakke koperkabels ter waarde van meer as 75 000 Namibiese dollar by Epako in die Gobabis-distrik in die Omaheke-streek in hegtenis geneem. Volgens Nampol is die verdagte ‘n voormalige werker van Telecom Gobabis. Hy is egter Covid-positief en is eers vrygelaat, maar sal weer in hegtenis geneem word wanneer hy herstel het.