Nóg huldeblyke vir ontslape Namibiese akteur

Nóg huldeblyke stroom in vir die ontslape Namibiese veteraan-akteur, dramaturg en regisseur David Ndjavera. Ndjavera het vanoggend in die hoofstad gesterf, vier dae na die Covid-verwante dood van sy vrou, Helena Ndjavera, wat in die voorste linies gewerk het. Ndjavera was bekend vir sy spel in die rolprente Taste of Rain, Katutura en Hairareb. Verskeie rolspelers in die filmbedryf spreek hul skok en medelye uit oor die groot verlies vir Namibië.