Noodtoestand nog nie in SA afgekondig

Ondanks die plundery en onluste in die buurland, is die Suid-Afrikaanse regering nog nie bereid om ‘n noodtoestand af te kondig nie. Die bierbedryf in Suid-Afrika het sy stem gevoeg by ander wat pleit dat die regering ’n nasionale noodtoestand afkondig. Verskeie aanlegte, pakhuise en brouerye was die afgelope paar dae die teiken van plunderaars. Dr. Johan Burger van die Instituut vir Sekuriteitstudies in Suid-Afrika, gee sy mening oor ‘n noodtoestand.