Voormalige SA minister skuldig bevind aan meineed

Die voormalige Suid-Afrikaanse minister van maatskaplike ontwikkeling en president van die ANC-Vroueliga, Bathabile Dlamini, is vandag skuldig aan meineed in die landdroshof in Johannesbrug bevind. Sy is daarvan aangekla dat sy in 2017 onder eed gelieg het tydens ‘n ondersoek na die maatskaplike toelae-debakel van Sassa.