Vladimir Putin ook uit Internasionale Judo-federasie geskors

Judo: Die Russiese president, Vladimir Putin, en ‘n sake-eienaar van sy land, Arkady Rotenberg, is nou ook verwyder uit alle posisies op die Internasionale Judo-federasie. Internasionale nuusagentskappe berig dit volg nadat Putin, wat ‘n swart gordel het, verlede week as ere-president geskors is. Hy is ook sy ere-swart gordel in taekwondo ontneem wat Wêreld Taekwondo in 2013 aan hom toegeken het. Die federasie het nie verwys na Rusland se inval in Oekraïne nie, maar vroeër gesê hy skors Putin as ere-president weens die voortslepende konflik.