Seksuele geweld ruk hand-uit in Namibië

Namibiese minister van justisie, Yvonne Dausab, sê die land het ‘n punt van desperaatheid bereik om te reageer op seksuele geweld. Sy sê die koers wat seksuele oortredings gepleeg word, is uiters kommerwekkend en die slagoffers word al hoe jonger en meer weerloos. Volgens statistieke is 1 566 kinders tussen 2019 en 2021 seksueel aangerand, terwyl 690 gevalle van seksuele aanranding tussen Januarie 2021 tot Augustus 2021 aangemeld is. Geslags-aktivis Ndiilokelwa Nthengwe sê aan Kosmos 94.1 Nuus sy stem saam met die minister en daar moet spoedig opgetree word.