Voormalige IPC-lid sleep party hof toe

Die voormalige IPC-raadslid van die Stad Windhoek, Desiree Davids, het haar voormalige party, die Independent Patriots for Change, hof toe gesleep. Davids dagvaar die IPC-leier Panduleni Itula vir 1,9 miljoen Namibiese dollar. IPC het Davids geskors nadat bewerings van wangedrag teen die politikus gemaak is, en Davids is daarna in September verlede jaar deur die party uit ‘n posisie as raadslid herroep. Davids beweer in hofstukke dat IPC haar onregverdig uit haar setel by die Windhoekse stadsraad onttrek het. Deur haar prokureurs beweer sy verder dat IPC haar by ‘n verhoor skuldig bevind het, maar dat sy later deur die Teen-korrupsie Kommissie vrygespreek is. Die 1,2 miljoen dollar is vir die verlies van salarisse en toelaes vir die oorblywende 50 maande, plus ’n bykomende 100 000 dollar vir skadevergoeding. Die IPC se nasionale voorsitter Brian Black gee aan Kosmos 94.1 Nuus sy reaksie in dié verband.