Oud-premier van Pakistan gewond

Pakistan se voormalige eerste minister, Imran Khan, is vandag in sy been gewond tydens ‘n protesoptog in die oostelike stad Wazirabad, in ‘n oënskynlike sluipmoordpoging. Lede van sy PTI-party het gesê nog vier mense is beseer, maar niemand is dood nie. Die 70-jarige Kahn het ‘n optog na die hoofstad Islamabad gelei om verkiesings te bespoedig. Die polisie het ‘n man in hegtenis geneem. Verlede maand het Pakistan se verkiesingskommissie Khan gediskwalifiseer om ‘n openbare amp te beklee in ‘n saak wat deur die voormalige ster-krieketspeler as polities gemotiveerd beskryf word.