Namibiese uitvoere groei in September  

Gedurende September 2022 het Namibië se handelsbalans in ‘n tekort gebly, maar met ‘n noemenswaardige 41,2 persent of 4,1 miljard Namibiese dollar verbeter wat in Augustus 2022 aangeteken is en 13 persent of 2,7 miljard dollar wat in September 2021 waargeneem is. Botswana bly Namibië se grootste uitvoermark, terwyl Suid-Afrika die hoofbron van invoer was. Die samestelling van die uitvoermandjie vir die September bestaan hoofsaaklik uit minerale soos edelstene, uraan, kopererts en konsentrate en nie-monetêre goud. Vis was steeds die enigste nie-minerale kommoditeit onder die top-vyf produkte wat uitgevoer word. Die invoermandjie bestaan hoofsaaklik uit petroleumolies, edelstene, motorvoertuie vir die vervoer van goedere, medikasie en koring.