Voormalige Brave Warriors dokter sterf in tronk

Die voormalige chiropraktisyn van die Brave Warriors, Gerson Kandjii is in aanhouding op Gobabis aan Covid-komplikasies oorlede. Kandjii, 56, was in aanhouding op klagte van die stropery van twee renosters op ‘n plaas in die gebied. Die insident het na bewering in Desember 2016 voorgekom en hy is saam met twee medebeskuldigdes op 29 Desember daardie jaar gearresteer. Kandjii was tydens sy inhegtenisname reeds op borg na klagte van moord en diefstal in verband met die dood van Reinhard Schmidt, ‘n boer naby Kalkrand in die Hardap-streek. Hy was ook op borg na hy in 2014 aangekla is van die stropery van renosters in Etosha Nasionale Park.