SPYL-leier verskyn op korrupsie-klagte

Sylas Mungoba, 34, sal op 2 Augustus ‘n formele borgaansoek bring nadat hy op klagte van korrupsie en dwarsboming van die gereg verskyn het. Mungoba, wat deel vorm van die Swapo Jeugliga Khomas leierskap en die assistent is van die adjunkminister van stedelike ontwikkeling Natalia /Goagoses, word daarvan beskuldig dat hy die Affirmative Repositioning-beweging probeer omkoop het om ‘n protesaksie te hou. Mungoba het na bewering 8 000 Namibiese dollar aan Pau Pau Katanga van die beweging gebied om teen die regbank op te ruk vir die vrylating van die Fishrot-beskuldigdes. Dit sou gepaard gegaan het met ‘n sosiale media-veldtog. Landdros Celma Amadhila het die saak tot 2 Augustus uitgestel.