Taxi-geweld mag nie inwoners in gevaar stel nie – Winde

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê dit is eenvoudig onaanvaarbaar dat ‘n dispuut oor taxi-roetes nou die welstand en veiligheid van inwoners in gevaar stel. Ondanks ‘n ingryping deur die minister van Vervoer, Fikile Mbalula, kon taxi-verenigings nog nie ‘n ooreenkoms bereik nie. Dit het tot verskeie skietvoorvalle aanleiding gegee met pendelaars wat in sommige gevalle in kruisvuur beland het. Winde sê sy regering sal nie toelaat dat hierdie geweld voortduur nie: