Voorleggings vir voorgestelde Wes-Kaapse Biodiviersiteitsontwerp

Die openbare-deelnameproses vir die voorgestelde Wes-Kaapse Biodiversiteits-wetsontwerp het begin en omgewingsgroepe en inwoners word aangemoedig om voorleggings te doen. ‘n DA-lid van die wetgewer, Andricus van der Westhuizen, sê die konsepwet wil omgewingsuitdagings by die horings pak en rompslomp tot ‘n minimum beperk. Hy verduidelik die konsepwetgewing fokus op die uitbreiding van beskermende gebiede, die verklaring van berg-opvangsgebiede en rentmeesterskap van die biodiversiteit.