China stuur eerste bemande tuig in vyf jaar ruimte toe

En China het sy eerste bemande ruimtetuig in byna vyf jaar lanseer toe drie ruimtevaarders aan boord van die Shenzhou-12-ruimtetuig by ‘n ruimtesentrum in die noordweste van die Gobi-woestyn die ruimte ingestuur is. Die bemanning sal drie maande weg wees terwyl hulle die lewensondersteuningstelsel en instandhouding toets. Twee ruimtevaarders sal ook twee ruimte-wandelings onderneem. Altesaam elf lanserings word beplan om die land se nuwe ruimtestasie, genaamd Tiangong of Heavenly Palace, te voltooi.