Afrika-ministers onderteken Windhoek-ooreenkoms vir toerisme

Die Windhoek-ooreenkoms is deur Afrika-ministers onderteken tydens die Afrika-beraad van die Verenigde Nasies se Wêreldtoerisme-organisasie in die Namibiese hoofstad om toerisme op die vasteland te bevorder. Ministers van Afrika het belowe om saam met die Afrika-unie oplossings te vind om die vastelandtoerisme te laat herleef, wat swaar getref is deur die Covid-pandemie. Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, Gitta Peatzold, reageer op Kosmos 94.1 Nuus oor die verbintenisse van die Afrika-ministers.