Voorgestelde lodge in Bwabwata kan ‘n verskil maak

Advanced Environmental Agency het kennis gegee van ‘n omgewingsimpakstudie wat gedoen sal word vir die voorgestelde ontwikkeling van ‘n lodge binne die Bwabwata Nasionale Park in die Buffalo Core-gebied. Belangstellende en geraakte partye word uitgenooi om by die firma te registreer. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Simon, ‘n omgewingspesialis by die firma, gesels oor die impak wat die lodge op die gemeenskap en die streekekonomie sal hê.