Nzimande moet bedank oor Nsfas-gunslone: ActionSA

ActionSA verwelkom die ontbinding van die raad van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente en die bedanking van die voorsitter, Ernest Khoza. Die minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, het die raad ook onder administrasie geplaas. Matthew George van ActionSA sê Nzimande moet onmiddellik bedank en aanspreeklik gehou word omdat hy glo saam met Khoza miljoene rand as gunslone van diensverskaffers van die skema ontvang het.