Gerda Steyn jaag vyfde agtereenvolgende Twee Oseane-titel

Padwedlope: Gerda Steyn jaag môre haar vyfde agtereenvolgende Twee Oseane-titel. Sy sluit aan by nagenoeg 11 000 atlete in die ultra-marathon oor 56 kilometer om die Kaapse Skiereiland. Nog 16 000 mense pak Sondag die 21 kilometer half-marathon. Steyn het verlede jaar die rekord opgestel van drie-uur-29-minute-en-6-sekondes. Sy gebruik die wedloop as voorbereiding vir die Olimpiese Spele later vanjaar in Parys, nadat sy onlangs rekords opgestel het in die Vaal-marathon en die Om-die-Dam-wedloop oor 50 kilometer.