Oud-politieke gevangenes word deur ANC agtergelaat – Cope

Cope in Suid-Afrika doen ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa en sy regering om dringend aandag te gee aan die lot van voormalige politieke gevangenes. Die party sê die ANC-geleide regering behoort sy kop in skaamte te laat sak oor die manier waarop hulle mense behandel wat hul lewens in gevaar gestel het om te veg vir die mense en die land se vryheid. COPE se woordvoerder, Dennis Bloem, sê die regering is vandag aan bewind weens die onbaatsugtige opofferings van duisende jong mans en vroue wat die apartheidsregime beveg het: