Vonnisverrigtinge van massa-skieter in VSA begin

Die vonnisverrigtinge van die man wat vier jaar gelede 17 mense by ‘n skool in Florida doodgeskiet het, begin vandag in dié Amerikaanse staat. ‘n Voormalige leerder, Nikolas Cruz, was net 19 jaar oud toe hy op Valentynsdag 2018 17 leerders en personeellede by die Hoërskool Marjory Stoneman Douglas in Parkland doodgeskiet het en 17 gewond het. Hy het skuldig gepleit op 17 aanklagte van moord in die eerste graad en 17 van poging tot moord. Cruz sal nou uitvind of die jurielede die doodstraf of ‘n lewenslange vonnis gaan oplê.