Eskom se probleme is veel groter as bestuur en raad, en kom langer

Die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, Jacob Maroga, sê om vingers te wys na die kragvoorsiener se raad en reguleerders, sal nie die huidige probleem van herhaaldelike kragonderbrekings oplos nie. Dit volg ná die uitvoerende hoof, André de Ruyter, se aankondiging oor fase twee-beurtkrag wat na verwagting vir die res van die week sal voortduur vanaf vier-uur in die middag tot middernag. Maroga sê daar moet gekyk word na permanente oplossings vir die voortdurende uitdagings binne die onderneming: