Gautengse polisiekommissaris: Stryd teen misdaad nie verloor

Die polisiekommissaris van Gauteng, Elias Mawela, sê die polisie doen alles in hul vermoë om misdaad te bekamp. Dit volg nadat nog ‘n skietery in die provinsie vier lewens geëis het, hierdie keer in die informele nedersetting Thembelihle naby Lenasia in die suide van Johannesburg. Dit volg ná die moord op ses mense verlede week in Alexandra. Mawela het gepraat by Operasie O Kae Molao in Alexandra en sê die polisie veg terug. Hy het ook sy kommer uitgespreek oor die misdaadsyfer in die township.