Vonnis moet ander voertuigkapers afskrik

Gautengse polisie sê die 15 jaar vonnis van ‘n 30-jarige voertuigkaper behoort ‘n afskrikmiddel te wees vir ander kapers. Die vonnis is deur die Brixton landdroshof in Johannesburg aan Santino Pierce opgelê. ‘n Polisiewoordvoerder, Xoli Mbele, sê Pierce het in Junie ‘n 48-jarige man se motor in Fairland gekaap en hy is twee dae later vasgetrek.