Skole doen aansoek vir grondregte

Die Namibiese landbouministerie het ‘n kennisgewing van sewe dae uitgereik ingevolge die Wet op Kommunale Grondhervorming. Op die lys van aansoekers was 17 skole wat aansoek gedoen het vir grondregte of vir huurpag-regte in hul onderskeie kommunale gebiede. Die aansoeke is meestal in die landelike gebiede van Tsandi, Ruacana, Onesi, Okahao, Okalongo, Oshikuku, Elim, Ogongo, Anamulenge en Outapi. Dylan Mukoroli, die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, se woordvoerder sê toegang tot onderwys is belangrik.