Von Finckenstein se kunsversameling onder die hamer vir diere

Die familie van die voormalige burgemeester van Stad Windhoek, wyle dr. Björn Graaf Finck von Finckenstein, sal vanaf vandag ‘n aanlyn veiling van hul private kunsversameling hou. Die opbrengs van die 106 kunswerke sal aan drie van Von Finckenstein se genomineerde dierewelsynsorganisasies geskenk word. Sy vrou Christine von Finckenstein deel die besonderhede van die veiling met Kosmos 94.1 Nuus en sê belangstellendes kan vir ‘n hele week op die veiling bie.