Oos-Kaapse hospitale kort ernstige ingryping

Die Suid-Afrikaanse parlementêre portefeuljekomitee oor gesondheid doen ‘n beroep op die nasionale Departement van Gesondheid om hospitale in die Oos-Kaap by te staan. Die hospitale en gesondheidsorgsentrums word met baie beperkte begrotings bedryf. Die komitee het ‘n driedaagse oorsigbesoek aan die provinsie gebring. Die voorsitter, Kenneth Jacobs, sê hulle het met die hospitaalbestuur en -rade oor die toestand van die geriewe gepraat: