Von Bachdam is nou 34,3% vol ná invloei

Volgens NamWater se jongste dambulletin het die Von Bachdam teen vanmiddag invloei van sowat 3,4 kubieke meter water per minuut gehad. Dit is die eerste invloei sedert die reënseisoen met 0,676 miljoen kubieke meter water wat sedert vanoggend in die dam ingeloop het. Die Von Bachdam se vlak staan nou op 34,3 persent teenoor Maandag se 32,9 persent. Die dam was verlede jaar die ooreenstemmende tydperk 75,1 persent vol.