Konstruksiebedryf-federasie reageer op Duitse lening

Die Konstruksiebedryf-federasie van Namibië het gereageer na die Namibiese regering ‘n lening ter waarde van twee miljard Namibiese dollar van Duitsland verkry het wat gerig is op die opgradering van infrastruktuur-projekte en die bevordering van ekonomiese ontwikkeling. Die ooreenkoms is tussen die minister van finansies, Ipumbu Shiimi, en die Duitse Ontwikkelingsbank, KfW, onderteken wat die konstruksie en rehabilitasie van belangrike Namibiese paaie en water-infrastruktuur ondersteun. Die Namibiese Padowerheid het ‘n lening ter waarde van 373 miljoen dollar gekry vir die rehabilitasie en opgradering van die B2-pad tussen Usakos en Karibib, waarvoor Namibiese kontrakteurs nie kon tender nie. Bärbel Kirchner, die uitvoerende hoof van die federasie, sê aan Kosmos 94.1 Nuus Namibiese kontrakteurs moet by projekte betrek word.