Von Bachdam is 33,5% vol ná invloei

Ná verlede week se invloei in die Von Bachdam ná die reën, is die dam nou 33,5 persent vol teenoor die vorige week se 32,9 persent. Namibiese damme is tans gesamentlik 72,6 persent vol, volgens NamWater se dambulletin. Suide-damme is gesamentlik 82,6 persent vol, ondanks ‘n verlies van 2,571 miljoen kubieke water uit die Hardapdam wat nou net 50,6 persent vol is. Die Neckartaldam is 94,5 persent vol, selfs met ‘n verlies van 3,275 kubieke meter water, die Nautedam staan op 79 persent en die Oanobdam op 67,3 persent. Gobabis se damme is gesamentlik slegs 14,4 persent vol teenoor verlede jaar se 43,5 persent.