Jong gholfspeler van Tsumeb sien uit na sy deelname in Noord-Ierland

Gholf: Die 18-jarige Xavier Schreuder van Tsumeb sien uit daarna om die eerste Namibiër ooit te wees wat volgende jaar aan die Kampioen van Kampioene Wêreldtoernooi vir junior amateurspelers in Noord-Ierland mee te ding. Die leerder van Tsumeb Gimnasium het by die San Lameer-gholfklub in KwaZulu-Natal gekwalifiseer om vanaf 25 tot 27 Julie by die luukse Lough Erne-gholfoord in Enniskillen deel te neem. Sowat 250 gholfspelers van meer as 40 lande ding mee en Schreuder hoop om sy gholf-loopbaan ‘n hupstoot te gee.