Volstruisboere het kommer oor voëlgriep

Volstruisboere in die Karoo is senuweeagtig na voëlgriep in Gauteng uitgebreek het. Dit is intussen onder beheer gebring. Meer as 38 000 volstruise moes in 2011 van kant gemaak word tydens ‘n uitbreking in die Karoostreek, wat tot ‘n verlies van ongeveer 800 miljoen Namibiese doller gelei het. Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging het die bedryf vroeër vandeesmaand op ‘n hoë gereedheidsgrondslag geplaas. Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ivan Meyer, het boere gevra om siek of dooie voëls by plaaslike owerhede, veeartse en openbare gesondheidsamptenare aan te meld.