Volksmoord-kwessie verdeel rolspelers

Die volksmoord-ooreenkoms en die besprekings in die Nasionale Vergadering vandag blyk meer verdeling as ooit tevore te veroorsaak. Sommige kommentators sê dit kan tot ernstige burgerlike onrus lei. Verskeie politieke partye soos die LPM, PDM en Nudo gaan vandag betogings hou en petisies by die parlement oorhandig. Politieke kommentator, dr. Ndumba Kamwanyah, gee sy mening waar die onderhandelinge oor die kwessie skeefgeloop het aan Kosmos 94.1 Nuus.