SA se posisie op Britse rooilys belemmer ekonomiese herstel

Die Wes-Kaapse regering sê die Verenigde Koninkryk se besluit om Suid-Afrika op sy rooilys te hou, belemmer die land se ekonomiese herstel onnodig, in veral die toerisme- en gasvryheidsektore. Namibië is ook steeds op die rooilys en alle reisigers na die land is verbied behalwe vir voltydse studies. Die LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede in die Kaap, David Maynier, sê daar is verskeie teenstrydighede in die metodologie wat die VK gebruik om te bepaal watter lande op die rooilys moet kom. Hy voeg by die VK is die grootste enkele buitelandse bronmark vir toerisme na Suid-Afrika: