Voertuigverkope sal gedemp bly

Simonis Storm sê voertuigverkope sal gedemp bly. In die jongste syfers, is 996 nuwe voertuie in Oktober verkoop, 2,2 persent minder as in September. Die makelaarsfirma sê dit sal nie vinnig verbeter nie eenvoudig as gevolg van handelaars wat sukkel om voorraad te bekom met nuwe voertuie wat na groter markte gaan. Kommoditeite het volgens die firma afgeneem met metaal pryse wat met 23 persent sedert Maart gedaal het en gepaard met die Suid-Afrikaanse rand wat teen gemiddeld 16,50 teen die Amerikaanse dollar volgende jaar sal verhandel, behoort verbruikers verligting te ontvang in die koste van nuwe voertuie. Simonis Storm sê ook dit wil voorkom asof motors kontant aangekoop word omdat huishoudelike paaiement-skuld met ‘n skamele 0,9 persent sedert die begin van die jaar gegroei het.