Namibië en olie: Daar sal altyd ‘n mark vir fossielbrandstof wees

Die deurwinterde ekonoom dr. John Steytler stem saam met nie net President Hage Geingob saam nie, maar ook met die minister van myne en energie, Tom Alweendo, wat van mening is dat Namibië die reg het om sy fossielbrandstof te ontgin. Alweendo het onlangs gesê belangegroepe en regerings probeer druk op Afrika-lande plaas om eerder die olie in die grond te los en hernubare energie te ontwikkel. Geingob sê op sy beurt Namibië moet dit ontgin tot voordeel van die land. Volgens Steytler sal daar altyd ‘n mark vir olie en gas wees en dat dit kan gebruik word vir ‘n uiteindelike oorskakeling. Hy verduidelik.