Reaksie op Saara se volksmoord-aanmerkings in die Suide

Reaksie word ontvang op die kommentaar van die eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila wat in die Suide gesê het dit is nie korrek dat die regering sy onderhandelings met Duitse owerhede in verband met reparasies vir die volksmoord, afgehandel het nie. Sy het die aankondiging gemaak tydens haar besoek aan tradisionele leiers in die Karas-streek by Keetmanshoop. Die gemeenskappe het amok gemaak oor die ooreenkoms wat gesluit is en na ‘n dreigende hofaansoek deur die LPM-party, het die premier die aanmerkings gemaak en gemeenskappe wat geraak is gevra het om vorentoe te tree. Kosmos 94.1 Nuus het met die nasionale voorsitter van die IPC-party, Brian Black gepraat…