Voertuigverkope daal weer

Namibiese voertuigverkope vir September is deur Simonis Storm in die hoofstad bekend gemaak. Verkope van nuwe voertuie het met 12,2 persent gedurende die maand gedaal, terwyl groei van 30,2 persent in Augustus aangeteken is. Die meeste voertuie wat verkoop het gedurende September was swaar kommersiële voertuie wat 52,6 persent van die verkope verteenwoordig het. Sedanvoertuie het 36,7 persent van die verkope verteenwoordig. Sedert April 2020 is ‘n gemiddeld van 755 voertuie maandeliks verkoop teenoor die vorige 1 218 voertuie.